Laat die son weer skyn vir die boere en koop PLAASLIK!
Oppi-Plaas Mark bied vir almal 'n bekostigbare geleentheid om plaas en mark produkte aan die publiek voor te stel.
Ons nooi die publiek uit om plaaslik te ondersteun in 'n veilige en gesellige omgewing waar kinders kan hardloop en speel terwyl mamma en pappa groente en geskenkies koop.
Is jy 'n uitstaller of soek jy 'n ander plek om produkte vars uit die grond uit te koop?
Kom uit plaas toe en haal diep asem en geniet die vars lug en grond tussen jou tone.
Bring die kinders en kleinkinders en onthou die ou dae toe jy nog 'n kind was.
Vir vroeg oggend boeretroos en heeldag se peusel en etes.
Vanaf R500.00 per dag
Van tierlantyntjies tot ingelegte lekkernye en bykomstighede.
Vanaf at R150.00 per dag
Vars uit die tuin of uit die kraal - Groente, Vrugte, Vleis of Blomme.
Vanaf R150.00 per dag
Ons by Oppi-Plaas het twee doelwitte wat ons wil bereik deur elke week 'n plaasmark aan te bied.
Om aan plaaslike Boere, Produsente en uitstallers die geleentheid te gee om hul produkte aan die publiek te kom verkoop op ‘n plaas.
Om deur middel van ons webwerf die Boere, Produsente en Uitstallers die geleentheid gee om hul produkte te adverteer wat kliënte van die mark dan in staat stel om by hulle bestellings te plaas wat dan op naweke van die mark afgehaal kan word.
Ons Streef daarna om ons boere en ander mede Suid-Afrikaners te help om weer kos op hulle tafels te sit.
Oppi-Plaas Mark bied geleentheid die middelman uit te sny en hoë kwaliteit produkte direk aan die publiek te verkoop.
Saam kan ons 'n verskil maak, ondersteun ons mede ondernemings en help om die Oppi-Plaas Mark 'n sukses te maak.
GAUTENG PROTEAFEES
Plante Skou, Vermaak & Musiek Fees
Legends MX / Rhino Park
Motorcross & Adventure Park
Oppi Strand
Vermaak op witsand strand
VIP Event Rental
Event Planning
In verskeie huise het almal dieselfde oggend roetines, boere se roetines begin dalk net baie vroër as ander sin - en dit is met 'n koppie boeretroos, koffie of tee.
Koffie bone of fyn poeier, die reuk bly altyd dieselfde!
Kruie is enige plante of plantdele wat gebruik word vir die geur van kos, aroma, medisyne, of parfuum.
Kruie het 'n verskeidenheid van gebruike insluitend kulinêre, medisinale, en in sommige gevalle godsdienstige gebruik. Algemene gebruik van die term "kruie" verskil tussen voedselkruie en medisinale kruie. In medisinale of geestelike gebruik, kan enige deel van die plant beskou word as "kruie", insluitend blare, wortels, blomme, sade, hars, wortels, bas, bessies en soms die opperhuid of selfs ander gedeeltes van die plant.
Ons stap daagliks verby supermarkte met perfekte groente en vrugte, verpak in perfekte sakkies. Vrugteis nou heeljaar beskikbaar en groentes blink nog voor jy dit gewas het. Maar is ons obsessie met perfekte groente en vrugte dalk nie die rede hoekom dit nie meer so lekker smaak soos voorheen nie?
Kom stal vars onperfekte maar perfekte sappige groente en vrugte vars uit die grond uit uit.
Suiwelprodukte is gewoonlik hoë energie-verskaffende voedselprodukte wat insluit kaas, botter, roomys, jogurt, karringmelk, kondensmelk, poeiermelk, ens.
Fries, Jersey, Guernsey of Ayrshire, maak nie saak wie dit maak, solank dit net lekker smaak!
Vleis, in sy breedste moderne definisie, is alle diereweefsel wat ten doel het om as voedsel te dien. In dié konteks verwys dit nie net na spierweefsel nie, maar sluit ook vet of nie-spier organe in, insluitend longe, lewers, tonge, vel, breine, murg en niere.
Skape, varke, beeste, bokke - enige iets vir 'n braai of die potte, maar biltong bly die gewildste...
Hokke vol eiers en vere van hoenders, kalkoene, eende, makoue, ganse of selfs volstruise.
Vir almal se ontbyt, sondagmiddag etes of die groot familie tradisie van 'n Oukersete met die gevulde kalkoene.
Stuur 'n e-pos vir enige verdere inligting.
Kopiereg © 2020 Oppi-Plaas Mark